Beurtkrag gaan dalk hele winter voortduur

Eskom maan die kragstelsel is tans onder baie groot druk en beurtkrag kan op kort kennisgewing ingestel word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê weens die voortslepenede tekort aan opwekkingsvermoë kan die land enige oomblik oor die komende weke beurtkrag verwag. Mantshantsha sê hulle hou die stelsel dop.