Popcru takel teistering van polisie-opleidingskolleges

Die polisievakbond Popcru hoop om die kwessie van die teistering van vroue by polisie-opleidingskolleges uit te lig. Dit gebeur terwyl die vakbond beplan om Woensdag te betoog oor die toestande waaraan jong Suid-Afrikaanse polisie-rekrute blootgestel word. Die vakbond sal opruk na die SAPD-hoofkwartier in Pretoria. Die woordvoerder, Richard Mamabolo, sê vroue het glo nie hulle eie kleedkamers in Benoni nie.