Bestuurder dood na hy u-draai op A1 maak

‘n Man is in die vroeë oggendure dood na hy ‘n u-draai op die A1-roete naby die padblokkade noord van Windhoek gemaak het. Volgens die Namibia Marshall Rangers se Sean Naude, het ‘n bakkie vroeër omgeslaan en alle dienste was op die toneel. Die beseerdes is afgevoer en die man in die sedan voertuig het toe by die toneel verby gery en ‘n u-draai gemaak om te kyk wat gebeur het. Hy is hard getref deur ‘n bakkie tydens die u-draai. Hy was eers vasgekeer in die voertuig en teen die tyd wat paramedici hom kon verwyder, was hy dood verklaar. Bestuurders word gemaan om nie by ongelukstonele te stop as daar reeds hulp verleen word nie.