Beskerming van fluitjieblasers duur, bekragtig maar nog nie geïmplementeer nie

Namibië se Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers is spesifiek ontwikkel om ‘n kantoor in daardie verband te vestig. Die wet kriminaliseer ook vergelding teen die wat korrupsie blootlê en lê ‘n boete van 75 000 Namibiese dollar of tronkstraf van hoogstens 15 jaar, of albei, op vir enigiemand wat daaraan skuldig bevind word. Volgens plaaslike berigte sal die implementering van die wet die regering 160 miljoen dollar per jaar kos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie, oor die belangrikheid van korrupsie-bekamping.