Bergklimmer samel geld in vir Food for Hope

Food for Hope, ‘n Suid-Afrikaanse welsynsorganisasie, is besig om geld in te samel vir behoeftige kinders. Warren Eva is besig om met die projek Climb 4 Hope die K2-berg, bekend as Savage Mountain, in Pakistan uit te klim om geld in te samel vir Food for Hope. Sy reis het reeds in middel Junie in Islamabad in Pakistan begin en hy hoop om die toppunt van K2 einde Julie te bereik. K2 is deel van die Karakoram-bergreeks langs die Pakistan-China-grens. Linda Niemoller van Food 4 Hope gesels met Kosmos 94.1 Nuus en doen ‘n beroep op die publiek om die projek te ondersteun.