Betogers versper paaie na Kruger-wildtuin in Mpumalanga

Die Kruger-wildtuin moedig motoriste en besoekers aan om waaksaam en versigtig te wees as hulle vandag na die park in Mpumalange reis, weens die bedreiging van protesoptrede in die provinsie. SanParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê betogers het die R40-pad en die R535-Graskop-wisselaar in Hazyview versper.