Bekende uitsaaier, skrywer McKaiser (45) sterf

Die alombekende uitsaaier, politieke ontleder en skrywer, Eusebius McKaiser, is op 45 oorlede na ʼn vermeende epileptiese aanval. Hy was 45. McKaiser se bestuurder, Jackie Strydom, het die hartseer nuus bevestig. Sy sê dit het in Johannesburg gebeur hoewel hy vroeër die dag geen teken van ongesteldheid getoon het nie. McKaiser het in 1997 sy studie in die regte en filosofie by Rhodes-universiteit begin voor hy ʼn Rhodes-studiebeurs by Oxford verwerf het. McKaiser het bydraes gelewer vir publikasies soos New York Times, BBC Focus on Africa en Financial Mail en het geselsprogramme op SABC3 en Talk Radio 702 aangebied.