VF Plus: Werkloosheid dryf mense tot misdaad

Die Vryheidsfront Plus het die toename in misdaad toegeskryf aan die krimpende ekonomie en desperate, werklose Suid-Afrikaners wat hulle tot misdaad wend. Die party het kommer uitgespreek oor die polisie se jongste misdaadstatistiek en sê dit openbaar ‘n somber werklikheid van geweld, met meer as 6 000 moorde in die eerste drie maande van vanjaar aangeteken. Eiereg is ook aan die toeneem. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê pogings om geweld teen vroue en kinders hok te slaan word as onsuksesvol beskou.