Dieselpryse daal, petrolprys onveranderd

Die ministerie van myne en energie het die brandstofprys-aanpassings vir Junie aankondig. Die petrolprys sal onveranderd bly en dieselpryse vir 50 partikels per miljoen sal met 80 sent per liter daal en vir 10 partikels per miljoen met 60 sent per liter. Die petrolprys by Walvisbaai is 19 Namibiese dollar en 78 sent per liter, en sal vir diesel onderskeidelik 19 dollar vyf sent en 19 dollar 25 sent per liter wees. Die nuwe brandstofpryse tree in werking op Woensdag 7 Junie. Die padgebruikers-heffings vir padinstandhouding en konstruksie van nuwe paaie sal met 30 sent per liter verhoog word van 148 sent per liter tot 178 sent per liter. Die woordvoerder van die ministerie Andreas Simon verduidelik die aanpassings aan Kosmos 94.1 Nuus.