Bek- en klouseer hou groot bedreiging vir SA-landbou in

Die Suid-Afrikaanse veebedryf het groot uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Suid-Afrika het 91 bek-en-klouseer-gevalle in voorheen siektevrye sones gehad. Die siekte het vir die eerste keer in die geskiedenis buite die afgebakende bek-en-klouseer-sone versprei en is nou aktief in vyf provinsies: Limpopo, KwaZulu-Nata, Noordwes, Gauteng en die Vrystaat. Die beeste is nou op verskeie terreine of plase in kwarantyn geplaas. Alhoewel die uitbreking nie noodwendig ‘n slagting van beeste vir boere beteken nie, is die ekonomiese impak daarvan groot. Dit is volgens Wandile Sihlobo, die hoof-ekonoom van die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika.