Cheetah Cement se sekuriteitswag weer in die hof oor dood van kollega

Ferdinantius Philander, die 32-jarige sekuriteitswag wat daarvan beskuldig word dat hy sy kollega die naweek by die Cheetah-sementfabriek doodgeskiet het, sal vandag weer in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn. Hy het tydens sy eerste verskyning op 16 Mei gesê dit was ‘n ongeluk toe hy die 23-jarige Jose Albano Samba in die maag geskiet het.