Bejaarde vaar na 60 jaar weer alleen oor die Stille Oseaan

‘n Bejaarde man het weer alleen ononderbroke oor die Stille Oseaan gevaar, ‘n prestasie wat hy 60 jaar gelede behaal het toe hy 23-jaar oud was. Die 83-jarige Kenichi Horie het einde Maart vanaf San Francisco in die Verenigde State vertrek en die vaart by die Kii-skiereiland in Japan voltooi in sy seilboot van ses meter, Suntry Mermaid die Derde. Hy het daarmee die oudste mens geword wat die vaart oor die wêreld se grootste oseaan voltooi sonder om by ‘n enkele hawe aan te doen. Hy sê hy het sy familie darem elke dag gebel.