Pres. Ramaphosa se Ankole-beeste opgeveil 

Sommige van Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se waardevolle Ankole-beeste van sy Ntaba Nyoni-plaas in Mpumalanga word volgende Saterdag op die Phala Phala-landgoed in Limpopo opgeveil. Sewe beeste, insluitend twee koeie, ‘n verskalf, twee bulle en ‘n aantal embrio’s word aangebied. Ntaba Nyoni het verlede jaar by die Nasionale Ankole-veiling by die Bull Ring in Mpumalanga byna drie miljoen Suid-Afrikaanse rand gemaak. Ramaphosa is die grootste Ankole-boer in Suid-Afrika.