Becker gesels oor agterstand in DNS-toetse

Die DNS-agterstand in Suid-Afrika sal na verwagting teen Januarie uitgewis wees. Die minister van polisie, Bheki Cele, sê agterstand, wat in April op 241 000 gestaan het, is nou tot 71 000 verminder. In Namibië lyk dinge nie veel beter nie. In September verlede jaar is daar berig dat die instituut 36 miljoen Namibiese dollar per jaar benodig om sy agterstand van 4 300 DNS-monster op te klaar. Kosmos 94.1 nuus het met kommissaris Nelius Becker, direkteur van die Nasionale Forensiese Wetenskapsinstituut van Namibië gepraat oor hoe Namibië met die agterstand vaar. Becker sê dit gaan oor die koste.