Banyana Banyana is kampioene van Afrika

Sokker: Suid-Afrika se nasionale vroue-sokkerspan, Banyana Banyana, is nou die kampioene van Afrika nadat hulle die 2022 Afrika Nasiesbeker vir Vroue verower het. Daarmee kwalifiseer hulle ook vir aanstaande jaar se Vroue-wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland. Banyana Banyana het die kroon gespan op ʼn onoorwonne rekord in die toernooi deur Marokko gisteraand in die eindwedstryd met 2-1 te troef. Hulle het laat in die tweede helfte die voortou geneem met twee doele binne agt minute deur die voorspeler, Hildah Magala. Rosella Ayane het in die 81-ste minuut ʼn troosdoel vir Marokko behaal.