WGO verklaar aappokke as gesondheidsnoodgeval

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die aappokkie-uitbreking as ‘n wêreldwye gesondheids-noodgevalverklaar. Dr. Tedros Adhanom Gebreyesus, direkteur-generaal van die WGO sê meer as 16 000 gevalle is al in 72 lande aangemeld. Gevalle van die siekte is in Amerika vir die eerste keer by ‘n kleuter en ‘n baba geïdentifiseer. Tot op hede is vyf mense aan aappokke oorlede. Om ‘n wêreldwye noodgeval te verklaar, beteken dat die aappokkie-uitbreking ‘n ‘buitengewone gebeurtenis’ is wat na meer lande kan oorspoel en ‘n gekoördineerde wêreldwye reaksie vereis. Nog net twee ander siektes het al ooit as ‘n gesondheidsnoodgeval gekwalifiseer – Covid-19 en polio.