IPPR sê wetsontwerpe sloer in parlement

Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan wetsontwerpe te stadig deur die parlement. Die Nasionale Vergadering gaan tot 6 September in reses. Die Namibiese parlement het oor vyf wetsontwerpe gedebatteer en 27 kennisgewings van vrae is ter tafel gelê, waarvan 22 verval het en vyf behandel is. Verskeie komitee-verslae en 15 mosies is ook hanteer. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood gee sy mening oor die sloer van wetsontwerpe aan Kosmos 94.1 Nuus.