Bannerman se omvangstudie goeie nuus vir Etango

Bannerman Energy sê hy het sy omvangstudie suksesvol voltooi. Die studie het ondersoek ingestel na potensiële uitbreidingsopsies vir sy vlagskip Etango-uraanprojek evalueeren beklemtoon die robuuste tegniese en finansiële lewensvatbaarheid van twee toekomstige fases – Etango-XP, wat ‘n uitbreiding in deursetkapasiteit tot 16 miljoen ton jaarliks behels, en Etango-XT, wat die bedryfslewe van 15 tot 27 jaar verleng. Bannerman het bedrywighede in Australië en Namibië met Etango, sy vlagskipprojek wat in die Erongo-streek geleë is.