Merc werk aan sy W15-motor

Mercedes se Formule Een-span sê hy is besig om oplossings te vind vir basiese probleme met sy W15-motor aan die vooraand van die naweek se Australiese Grand Prix. Mercedes het in vanjaar se eerste twee wedrenne slegs 26 punte ingesamel en is vierde in die vervaardigers-afdeling. Die motor kon nie deur die rondes sy spoed volhou nie. ‘n Direkteur van Mercedes se ingenieurs-afdeling, Andrew Shovlin, sê hulle het beduidende werk gedoen rakende aërodinamika en dit sal hopelik met die vertoning help.