Bankman-Fried kry 25 jaar agter tralies

Die sogenaamde kripto-“wonderkind” en voormalige miljardêr Sam Bankman-Fried is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis, na sy diefstal van 8 miljard Amerikaanse dollar van kliënte van sy nou bankrot FTX-kriptobeurs. Die Amerikaanse distriksregter Lewis Kaplan het die vonnis by ‘n hofsitting in Manhattan opgelê. Hy het Bankman-Fried se bewering dat FTX-kliënte nie werklik geld verloor het nie, verwerp en bevind dat hy tydens getuienis gelieg het. Aanklaers het ‘n tronkstraf van 40 tot 50 jaar geëis vir wat hulle sê een van die grootste finansiële bedrogspulle in die geskiedenis van die VSA was.