Britse kinders van 12 tot 15 mag teen Covid ingeënt word

Britse kinders van 12 tot 15 mag voortaan teen Covid-19 ingeënt word, het die owerhede vanmiddag bekend gemaak. Dit is ’n ommekeer van die regering se waghond wat vroeër gemeen het dat die kliniese voordele van sulke inentings te klein is om dit te regverdig. Die betrokke ministers sal waarskynlik verlig wees oor dié besluit, want hulle hoop dat die inenting van ouer kinders kan help om dié winter infeksiesyfers in Brittanje onder beheer te hou. Die eerste inspuitings gaan onmiddellik begin en ’n tweede dosis kan moontlik in die lente toegedien word, het mediese beamptes gesê.