Avis-watervoëls is baie gelukkig

Die gebied van die Avisdam is uiters belangrik vir inwoners van die hoofstad, veral vir troeteldier-eienaars. Maar, die dam het nie baie water verlede jaar opgeneem nie. Die neerslae van die afgelope paar dae het invloei tot gevolg gehad. Ulla von Holtz van Greenspace wat die gebied bestuur, sê die watervoëls is baie, baie gelukkig.