Nog reaksie op Mafe-debakel

Die borgaansoek van die verdagte in die brand by die Suid-Afrikaanse parlement, Zandile Mafe, is uitgestel tot aanstaande Saterdag. Dinsdag sal daar ‘n aansoek wees om sy psigiatriese evaluering by Valkenburg ter syde te stel. Sy borgaansoek sou oor die naweek plaasgevind het maar dit wil voorkom asof sy senior advokaat, Dali Mpofu, wat ook vir Jacob Zuma optree, nie bewus was dat sy evaluering eers ter syde gestel moet word nie. Professor Andre Duvenhage, die bekende Suid-Afrikaanse politieke ontleder het sy mening oor die aangeleentheid, so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.