Aupindi vergelyk wette oor veediefstal en geslagsgeweld

Die Swapo-parlementslid dr. Tobie Aupindi sê as Namibiese wette oor veediefstal en geslagsgeweld in ag geneem en vergelyk word, lyk dit of Namibiërs ‘n dieper liefde vir diere as vir vroue en kinders het. Hy het gesê in Namibië kry ‘n misdadiger langer tronkstraf as ‘n bees gesteel word teenoor as ‘n vrou verkrag is. Geslags-aktivis Linda Baumann het haar reaksie op Aupindi se kommentaar so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.