Groen Waterstof Simposium skop af in hoofstad

Die Groen Waterstof Simposium, onder leiding van die Suider-Afrikaanse Wetenskapdienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpasbare Grondbestuur, of SASSCAL, is in Windhoek aan die gang. Anna Shiweda, die adjunkminister van landbou en water, lê klem op die noodsaaklikheid om voordeel te trek uit Namibië se oorvloedige hulpbronne, soos wind en sonkrag. Sy sê ook dat die land met internasionale belanghebbendes moet saamwerk om die volle implementering van groen waterstof te laat realiseer. Die simposium duur tot Donderdag.