Asiatiese jagluiperd skenk geboorte aan 3 welpies

’n Asiatiese jagluiperd het geboorte gegee aan drie gesonde welpies in Iran. Die wyfie, genaamd Iran, is een van ses jagluiperds wat in die land voorkom en het haar welpies deur middel van ‘n Keisersnee gehad. Dit is die eerste geboorte van ’n Asiatiese jagluiperd in gevangenskap. Iran is een van die laaste lande ter wêreld waar die Asiatiese jagluiperds in die natuur voorkom en het in 2001 met ‘n Verenigde Nasies-gesteunde beskermingsprogram begin. Die subspesie “Acinonyx jubatus venaticus”, algemeen bekend as die Asiatiese jagluiperd, is krities bedreig, volgens die Internasionale Unie vir Natuurbewaring.