Putin se inval is diabolies – Pelosi

Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het die Oekraïense President Volodymyr Zelenskiy in Kiëf ontmoet. Pelosi sê haar reis na die oorloggeteisterde land was onderneem om ’n onmiskenbare en klinkende boodskap aan die hele wêreld te stuur: Amerika staan by die Oekraïne. Sy het die Russiese President Vladimir Puntin ten sterkste veroordeel en dit as diabolies beskryf.