GRN moet beleggingsbeleid regruk – Kamer van Mynwese

Die Namibiese Kamer van Mynwese het sy  kommer uitgespreek oor die regering se voorgestelde Beleggingsbevordering en Fasiliteringswetgewing wat die vorige NIPA-beleggingswetwontwerp sou vervang. Die kamer sê die wetgewing plaas al die beheer in verband met beleggings in die hande van die minister. Dit sluit in waar ‘n belegger kan belê, en met wie. Die kamer sê hy het uitgebreide voorstelle vir die 2017 NIPA-wetgewing ingedien wat nie in ag geneem is nie. Handelsminister Lucia Iipumbu het die jongste wetstontwerp in November verlede jaar in die parlement ter tafel gelê maar dit onmiddellik onttrek. Die kamer sê hy konsulteer op die oomblik met die ministerie van myne en energie om te verseker dat insette vir die 2017 dokument nie weer verlore gaan nie en dat die proses bespoedig word sodat Namibië ‘n raamwerk vir beleggings het. Op die oomblik word die 1990 wetsontwerp steeds toegepas.