Ashton Kutcher gelukkig om te lewe

Ashton Kutcher sê hy is “gelukkig om te lewe” nadat ’n seldsame siekte sy vermoë om te sien, hoor en loop aangetas het. Die 44-jarige akteur het met Bear Grylls in een van sy Running Wild with Bear Grylls-episodes gepraat oor sy stryd met vaskulitis – ‘n toestand wat inflammasie van die bloedvate behels.