Dinge is onder beheer by die land se tronke

Nadat die Namibiese Korrektiewe Diens groot uitdagings gehad het met onwettige selfone en meer, het die diens aksie geneem. Verskeie klopjagte is gehou en personeel wat oortree het is ook afgedank. Covid het ook groot uitdagings gebring maar maatreëls het volgens die adjunkkommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Diens Sam Shaalulange die kwessie ook heeltemal onder beheer gebring.