Ashraf Ghani gesels oor Afghanistan, ‘n jaar later

Dit is vandag ‘n jaar sedert die Taliban beheer geneem het oor Afghanistan. Sedertdien, is daar geen buitelandse hulp nie en die regering is nie daartoe in staat om sy reuse-maatskaplike uitdagings aan te spreek nie. Die voormalige president, Ashraf Ghani, wat gevlug het en tans in die Verenigde Arabiese Emirate in banneling is, sê die wêreld moet na sy eie belang kyk wanneer hy hulp aan die land oorweeg.

Die land se buitelandse beleggings is steeds gevries maar Ghani sê hulp het nie die mense van Afghanistan ooit bereik nie.