Lae opkoms op Swakop ‘n bron van kommer vir verkiesingskommissie

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê hy is tevrede met die afloop van die tussenverkiesing wat Vrydag op Swakopmund gehou is. Terwyl alles deursigtig was en die verkiesing regverdig verklaar is, is die lae opkoms ‘n bron van kommer. Net meer as 26 persent van kiesers het ‘n draai by die stembus gemaak. Die kommissie se woordvoerder, Lina Ndengu, sê die kwessie sal aandag geniet.