Arbeidsministerie bespreek siekteverlof

Siekteverlof verwys na ‘n werknemer se verlof tot afwesigheid van die werkplek om gesondheidsverwante sake aan te spreek sonder om betaling te verloor. Ingevolge die arbeidswet is ‘n werknemer geregtig op 35 dae siekverlof indien ‘n werknemer vyf dae per week werk en 36 dae siekverlof indien hy/sy ses dae per week gewerk het. Shou-Henok Amukwa, adjunkdirekteur van die arbeids-inspektoraat in die arbeidsministerie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Amukwa het ook gesê siekteverlof behoort nie enige ander verlofdae te beïnvloed nie.