Animals by Night vir die DBV

Windhoek se Dierebeskermingsvereniging bied op Vrydag 25 November die Animals by Night-geldinsamelingsgeleentheid by die Goethe-Instituut in die hoofstad aan. Die plaaslike musikante Vaughn Ahrens, Olivia Amapula en Riaan Smit sal by die funksie optree. Kunstenaars sal ’n skildervertoning lewer, en ’n kunsveiling word aangebied. Hanna Rhodin, direkteur van die DBV in Windhoek, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is opgewonde oor die funksie.