Wêreld Premature-dag internasionaal herdenk

Wêreld Premature-dag is in 2008 ingestel en word vandag vir die 14de keer gevier. Vanjaar se tema is: “‘n Ouer se omhelsing: ‘n kragtige terapie. Maak vel tot vel kontak moontlik van geboorte af.” Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is vroeë geboortes steeds die grootste oorsaak van sterftes onder kinders jonger as vyf. Little Steps in die buurland se stigter, Welma Lubbe, sê die grootste uitdaging in die versorging van vroeggebore babas is ‘n gebrek aan hulpbronne: