Johannesburg vra verskaffers van krag om toe te tree

Die Stad Johannesburg nooi maatskappye om voorstelle in te dien om elektrisiteit te voorsien. Dit volg na dié week se waarskuwing deur Eskom dat sy geld opraak om diesel vir sy oopsiklus-gasturbines te koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Infrastruktuurdienste, Michael Sun, verduidelik die oproep is aan onafhanklike kragprodusente wat geredelik beskikbaar is om saam met City Power elektrisiteit aan inwoners te voorsien. Hy sê die stad wil losgemaak word van Eskom se beurtkrag: