Angolese minister: Namibiese olie-ontdekking is ‘n seën

Die Angolese minister van minerale hulpbronne, petroleum en gas, Diamantino Azevedo, het gesê Namibië se olie-ontdekking is ‘n seën en sal nie die gaping tussen die rykes en die armes vergroot nie. Tydens ‘n media-konferensie saam met die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, vandag in Windhoek, het Azevedo beklemtoon Namibië se olie-ontdekking sal eerder die gaping tussen die rykes en die armes verklein. Hy het gesê Namibië het die voordeel om uit Angola se foute in die olie-bedryf te leer, met die twee lande wat ‘n vennootskap met Namibië se olie-ontdekking aangaan.