Equal Rights Namibia veroordeel NEFF

‘n Namibiese LGBTQ-groep sê die NEFF beskerm nie dee Grondwet van Namibië nie. Dit volg ná die NEFF beklemtoon het hy deel nie die sienings van sy Suid-Afrikaanse susterparty, die EFF, wat LGBTQ-kwessies betref nie. Die NEFF-parlementslid Longinus Iipumbu het dit bevestig ná ‘n onlangse protesoptog wat deur die EFF gehou is om ‘n omstrede Ugandese wet oor homoseksualiteit te veroordeel. Die NEFF word deur baie as ‘n spieëlbeeld van die Suid-Afrikaanse party beskou, maar Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Nambia, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy prys die EFF in die buurland vir hul visie.