Angolese migrante wil in Namibië bly

Angolese migrante wat byna ‘n jaar in Namibië deurgebring het en in Februarie gerepatrieer is, sê hulle is terug in die land en beplan nie om na Angola terug te keer nie. Hulle beweer die krisis in hul land is ernstig, en hulle sien nie gou verligting kom nie. Aangesien hulle deur erge droogte geteister is en hul oeste vernietig is, het hulle vroeër net op veldbessies oorleef totdat hulle besluit het om na Namibië te trek. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusati-streek, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle werk tans aan ‘n vriendskaplike oplossing.