Ramaphosa sê sy regering sal nie terugdeins vir korrupsie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê sy kantoor het sy onderneming nagekom om verantwoordbaar te wees. Hy sê dit word bewys deur die tallose antwoorde wat hy in die parlement op vrae verstrek het, die verskeie geskrewe antwoorde wat hy ingedien het, asook sy getuienis voor die kommissie oor staatskaping en die verhore oor verlede jaar se onluste. Ramaphosa skryf in ʼn meningstuk in Suid-Afrikaanse media sy administrasie is koersvas om die staat se vermoë uit te brei en om armoede en werkloosheid aan te pak. Hy sê hulle sal nie afwyk van hulle veldtog om korrupsie te beveg en die land van misdadigers terug te neem nie.