Proteas slaggereed vir tweede T20-wedstryd teen Indië

Krieket: Die tweede T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Indië word vanmiddag in Cuttack gespeel nadat die Proteas ‘n oortuigende oorwinning behaal het in die eerste kragmeting. David Miller was Donderdag aan die voorpunt van die aanslag toe die Proteas die teiken van 212 vir die verlies van net drie paaltjies bereik het met nog vyf balle oor. Goeie bydraes deur die flitsende kolf van Quinton de Kock, die strydlustige Dwayne Pretorius of die betroubare Rassie van der Dussen mag die Proteas dalk vandag net weer ʼn keer laat glimlag.