Angola bou ‘n raffinadery

Die Angolese regering het ‘n openbare tender bekend gemaak vir die konstruksie van ‘n raffinadery by Lobito, aan die land se sentrale kus. Die Angolese minister van energie, Diamantino de Azevedo, sê die tender handel meer oor belegging as vaardighede. Volgens hom het die land se nasionale ontwikkelingsplanne die verwerking van ru-olie as prioriteit gestel, veral omdat 80 persent van Angola se brandstof steeds ingevoer word. De Azevedo sê die raffinadery sal ‘n kapasiteit van 200 000 vate ‘n dag hê en wanneer dit operasioneel is, sal dit die buurland se ekonomie beskerm teen skokke in verband met die ru-olie prys.