Britney se aansoek noem voorgestelde voog

Britney Spears se regsverteenwoordiger, Matthew Rosengart het ‘n aansoek by die Los Angeles hooggeregshof ingedien dat haar pa, James, verwyder word as voog van haar sake en dat hy vervang word met die geoktrooieerde rekenmeester, Jason Rubin. Spears, 39, se pa is reeds 13 jaar in beheer van al haar sake en sy het aan die hof gesê sy gedrag kom neer op mishandeling. Die bepalings van sy voogdyskap was so streng dat sy ‘n spesiale aansoek voor die hof moes bring om haar eie prokureur aan te stel. Britney se ma, Lynne, ondersteun haar dogter se aansoek. Britney het 57 miljoen Amerikaanse dollar in bates en 2,7 miljoen dollar in kontant.