Andrew sê vorige skikking behoort hom te vrywaar

Prins Andrew se Amerikaanse prokureur Andrew Brettler het aan ‘n Manhattan-hof gesê sy kliënt is gevrywaar van enige klagtes omdat die klaer, Virginia Guiffre reeds ‘n skikking met die ontslape Jeffrey Epstein onderteken het. Brettler het die hof gevra om die bepalings van die ooreenkoms, wat geseël is, bekend te maak. Giuffre het in New York die saak teen die prins gemaak. Sy is ‘n prominente slagoffer van die sekshandel-groep van Epstein, ‘n veroordeelde seksoortreder en sy sê Andrew het haar seksueel misbruik. Brettler het ook bevraagteken of die dokumente korrek beteken is en het gesê ‘n Britse hof sal daaroor moet beslis.