SA-rand en Nam-dollar verhandel baie goed – hier’s hoekom

Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar verhandel op die oomblik baie goed teen die Amerikaanse geldeenheid en het vanoggend onder 14,20 teen die Amerikaanse dollar vertoon. Daar is talle faktore wat daarnatoe bydra, wat ‘n verswakking in die Amerikaanse geldeenheid, sowel as goeie kommoditeitspryse insluit. ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom, Chris Hart, verduidelik.