ANC wil aanbevelings van staatskapingsverslag implementeer

Die ANC het senior lede van die party aangestel om te verseker die aanbevelings van die staatskapingsverslag word geïmplementeer. Voormalige minister Jeff Radebe sal die sameroeper wees en hy sal bygestaan word deur die minister van justisie, Ronald Lamola, Joel Netshitenzhe, Lindiwe Maseko en ander lede met ‘n regsagtergrond. Die besluit is geneem deur die party se nasionale werkskomitee. Die komitee het die party se nasionale uitvoerende komitee gister meegedeel die groep moet ook enige sake wat optrede deur die ANC verg, na sy hernuwingskommissie verwys.