Amerikaanse vlug draai om oor passasier weier om masker te dra

‘n Passasiersvlug van American Airlines het vandeesweek in die middel van ‘n vlug na Londen omgedraai weens ‘n insident oor die dra van ‘n masker. ‘n Vroue-passasier het geweier om aan Covid-reëls te voldoen en het so dié besluit afgedwing. Plaaslike wetstoepassers het die vlug op die Miami Internasionale Lughawe ingewag en het die vrou sonder voorval van die vliegtuig af begelei. Die vlug van die Boeing 777 is toe gekanselleer. Daar was 129 passasiers en 14 bemannigslede aan boord.