Ondersoek oor Omikron se ‘onderduimse’ sub-variant

Regerings in Europa maak planne om Covid-beperkings te verlig, maar nou veroorsaak die moontlikheid van nog ‘n vlaag van die virus groot kommer. Die Omikron sub-variant BA.2, wat die bynaam van die Onderduimse Omikron gekry het, wen veld in sekere wêrelddele, insluitend Denemarke en Brittanje. Gegewe die spoed waarmee dit ander Omikron sub-variante verbysteek, bestaan vrese dat ‘n meer aansteeklike Covid-virus vinnig aan die versprei is. Die Britse gesondheidsdiens het aangedui die BA.2 is ‘n variant wat ondersoek word.