ANC skop Carl Niehaus uit

Die ANC het die voormalige woordvoerder van die party, Carl Niehaus, weens wangedrag uitgeskop. Die nasionale dissiplinêre komitee het hom daaraan skuldig bevind dat hy reël 25 van die party se grondwet oortree het. Die aanklagte hou verband met uitsprake buite oudpresident Jacob Zuma se huis in Julie verlede jaar, waar hy ‘n saamtrek gereël het. Die voorsitter van die komitee, Ralph Mgijima, sê sommige uitsprake was van alle waarheid ontbloot. Daar word vermoed hy het doelbewus onwaar inligting in die openbaar verkondig om verwarring en tweedrag in die ANC te saai.