City Power wil beskadiging van inrastruktuur voorkom

City Power sê hy sal verskeie metodes instel om die toename in die opsetlike beskadiging van infrastruktuur hok te slaan. Dit sluit in om toerusting wat bestand is teen beskadiging in te stel. City Power se uitvoerende hoof, Tshifularo Mashava, sê die beskadiging van ‘n mini-substasie kos die kragvoorsiener ongeveer 500 000 Suid-Afrikaanse rand. Mashava sê hulle doen alles in hul vermoë om te verseker daar is genoeg voorraad om die huidige uitdagings op te los.